agtergrond
Die Prokureurshuis se geskiedenis is so kleurryk soos die mense
van die Roggeveld, soos hierdie deel van die Karoo bekend staan.
Die huis, waarna destyds
verwys is as ‘n “spoggerige huis vir sy tyd”, is ‘n
statige sandsteenhuis, gebou in die vroeë veertigerjare deur ’n
ene Jan (Kiep) Immelman.
Die Prokureurshuis het oor die afgelope byna 100 jaar al agt keer
van eienaar verwissel. ’n Dokter, ’n winkeleienaar
en drie prokureurs het onder meer hier ’n tuiste gevind.
Só het dit verloop:
|
 |
Augustus 1906
- Jasper Theron koop die erf waarop Die Prokureurshuis vandag
staan van die NG Kerk vir £11. |
|
 |
Oktober 1906 -
Bismarck von Moltke Louw, pa van die Louw digterbroers en prokureur
op die
dorp koop die erf vir £18. |
| |
|
|
|
|
|
|
 |
Februarie 1921 -
Nicolaas Vlok, ook prokureur en kollega van Louw, koop die
erf vir £725. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
Desember 1934 -
Jan (Kiep) George Immelman koop die erf vir ’n veel
laer prys, £325. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
Desember 1944 -
Alwyn Pieterse koop die huis vir £1 700. |
|
|
|
|
 |
Mei 1947 -
Oubaas Frick, geliefde prokureur op die dorp, koop die huis vir £1 400. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Augustus 1998 -
Daantjie en Maria Esterhuyse koop die huis vir R60 000. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
November 1999 -
Die huidige eienaar koop die huis. |
|
|
|
|
 |
November 2005 -
Die Prokureurs-huis se kunsgalery en konferensiegeriewe
open. |
|
|
|
Die Prokureurshuis het vele stories te vertel – van ’n
dam op die agterplaas waar die bekroonde digterbroers, NP van Wyk
en WEG Louw en hul jong vriende na bewering gereeld gespeel het
tot wonderwerke soos dié van mev. Frick, ’n destydse
inwoner, se skielike herstel na jare van depressie. Vandag vertel
die kunswerke van Suid-Afrikaanse kunstenaars die stories in Die
Prokureurshuis.
Kliek hier vir meer besonderhede
oor deelnemende kunstenaars en besoektye vir Die Prokureurshuis
se kunsgallery.
|