KOMBUISKONFERENSIES
 
   
 
   
 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

click here for English version

die PROKUREURSHUIS sutherland - kunsgalery - Karoo-kombuiskonferensies - verblyf

Karoo-kombuiskonferensies

’n Dinkskrum in die vars Karoolug - Die Prokureurshuis bied hierdie unieke konsep aan klein ondernemings, professionele groepe, skrywers en enige ander individue wat in ’n groep- of spanverband koppe bymekaar wil sit in unieke omstandighede.

Kombuiskonferensies by Die Prokureurshuis word om ’n lang kombuistafel, langs ’n oop kaggelvuur gehou. Die Prokureurshuis kan etes en slaapplek aan konferensiegangers voorsien, en om alles te kroon die stilte van die stilste plek ter wêreld.

Die Jan Kiep Immelman-konferensiekombuis is ideaal vir kleiner groepe en kan tot 12 persone vir ‘n konferensie huisves. Ons spesialiseer daarin om alle benodighede volgens behoefte te voorsien.

In die geval van konferensies fokus ons op die aanbieding van die konferensie, waaronder alle aspekte soos die geriewe, spyseniering en ander uitstappies. Indien jou groep egter meer as 8 persone insluit, sal alle deelnemers nie in Die Prokureurshuis kan slaap nie. Ons kan gerieflike en vergelykbare verblyf in The Galaxy (sowat 200 meter van die Prokureurshuis af) verskaf.

Skakel ons vir meer inligting.

Telefonies: 082 307 3263
Elektronies: info@prokureurshuis.co.za.

  kombuiskonferensies
  verblyf