|
kunsgalery
In die Prokureurshuis word verskeie Suid-Afrikaanse
kunstenaars se werk uitgestal. Ons konsentreer op kunstenaars
uit die omgewing se werk waaronder draadwerkkuns gemaak deur die
dorpskinders.
Die kunsgallery is op weeksdae vanaf 10:00 tot 13:00 en 14:00
tot 16:00 en op Saterdae vanaf 10:00 tot 13:00 oop vir besigtiging.
Indien jy egter die kunsgallery buite hierdie ure wil besoek,
kan jy gerus vir Kobus Muller by 023 571 1241 skakel om 'n afspraak
te maak.
Die volgende kunstenaars se werk word tans uitgestal:
- Izak Vollgraaff
- Willie Steyn
- Ilona van Helsdingen
- Hannes Beukes
- Erina Olivier
- Jean du Plessis
- Rudi du Plessis
- Eddie en Corrie Marais (Edcor Crafts)
- Gert Muller
Besoek ons webblad gereeld om op hoogte te bly van uitstallings
en deelnemende kunstenaars.
Indien jy as kunstenaar by die Prokureurshuis wil uitstal, skakel
ons vir meer besonderhede. |