verblyf
Die Prokureurshuis maak voorsiening vir selfsorgverblyf
vir 8 volwassenes, maar reëlings kan getref word vir gesinne
en groepe tot ‘n maksimum van 12 persone.
Gaste word in drie ruim slaapkamers gehuisves.
Die Bismarck von Moltke Louw-kamer
het ‘n dubbelbed, ‘n enkelbed en ‘n volledige
en-suite badkamer met ondervloerse verhitting.
Die Nicolaas Vlok-kamer het drie enkelbeddens
en deel ‘n afsonderlike toilet en badkamer met ‘n
bad en stort met ondervloerse verhitting.
Die Jasper Theron-kamer het twee enkelbeddens
en deel ‘n afsonderlike toilet en badkamer met bad en stort
met ondervloerse verhitting.
Vir gesinne is daar ‘n bababedjie en ekstra matrasse beskikbaar
vir jonger kinders wat die kamers met hul ouers deel.
Die Prokureurshuis bied verder die volgende:
- Albei badkamers is pragtig volgens die oorspronklike Victoriaanse
styl gerestoureer met ‘n bad en 'n stort. Vir die koue
wintermaande in Sutherland het albei badkamers ook ondervloerse
verhitting.
- ‘n Ruim oopplan-woonruimte met ‘n kaggel in die
kombuis en die eetkamer waar daar knoesig rondom die knetterende
vuur gekuier word.
- ‘n Groot kombuis met ‘n AGA-stoof wat deel van
die woonruimte vorm en ook oor ‘n mikrogolfoond, elektriese
vierplaatstoof, braaipan, broodrooster, yskas en koffie/cappuccino-masjien
beskik.
- Volledige kombuistoerusting en eetservies vir 12 persone.
- ‘n Afsonderlike sitkamer met ‘n kaggel.
- Braaigeriewe soos roosters, potjies, braaitange, byl, ensovoorts.
- Hoë-troutoerusting (CD-speler).
- Linneware, wat volledige beddegoed soos lakens, duvets en
handdoeke insluit en warmwatersakke vir die wintermaande!
- Stoepe rondom die huis vanwaar die stilte en sterreprag van
die Karoo ervaar kan word.
Kliek hier vir meer inligting oor verblyftariewe,
etes en spyseniering.
|