click here for English version

die PROKUREURSHUIS sutherland - kunsgalery - Karoo-kombuiskonferensies - verblyf

verblyf

sutherland omgewing - kliek om te vergroot

Tariewe

Die Prokureurshuis se tariewe is soos volg:

Enkel: R200 per persoon per dag
Deel: R180 per persoon per dag
Kinders: R100 per dag vir kinders 12 jaar en jonger
Eksklusiewe huisbesprekings: R900 per dag (maksimum 6 volwassenes)

Die tariewe vir Die Prokureurshuis sluit die volgende in:

  • Linne/beddegoed
  • Hout vir kaggels en braai
  • Antrasiet vir AGA-stoof

Etes en spyseniering

Alhoewel Die Prokureurshuis ‘n selfsorg-gastehuis is, bied ons graag aan ons gaste ook die genot van egte Karoo-kos. Ons kan op versoek 'n heerlike Karoo-ontbyt en/of -aandete voorsit.

‘n Ontbyt bestaan gewoonlik uit ‘n tipiese Engelse ontbyt, en aandete uit ‘n driegangmaal met sop as voorgereg, skaapvleis as hoofgereg en ‘n tradisionele nagereg.

Indien jy graag in hierdie eetgenot wil deel, bespreek asseblief die etes vooraf teen die volgende tariewe:

Ontbyt: R45 per persoon
Aandete: R65 per persoon

Braaipakke en potjiekosvleis kan bestel word. Pryse word op aanvraag verskaf.

Skakel ons

Vir meer inligting oor verblyf by Die Prokureurshuis, skakel ons:

Telefonies: 023 571 1241
Elektronies: info@prokureurshuis.co.za.

  kombuiskonferensies
  verblyf